MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-streek het die afgelope feesseisoen heelwat reën ontvang maar waterverbruik gedurende die tydperk was ook hoog met baie besoekers aan die area.
Die Ernest Robertsondam is baie voller teenoor die 93,54% verlede jaar dieselfde tyd.
Die Wolwedansdam het verlede week met 11,25% gestyg maar vertoon nog steeds swak teenoor die 99,62% van verlede jaar dieselfde tyd.
Die stand van damme is tans soos volg:
2 Januarie
- Hartbeeskuildam - 5,36%
- Klipheuweldam - 22,78%
- Ernest Robertsondam - 101,36%
- Wolwedansdam - 80,15%
9 Januarie
- Hartbeeskuildam - 5,36%
- Klipheuweldam - 25,79%
- Ernest Robertsondam - 100,95%
- Wolwedansdam - 91,40%
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'