Die wenners is soos volg:
Reserviste van die Jaar - Deon Booysen en Loretta Williams;
Ondersteuningspanlid van die Jaar - Ao Jacobus Barnard;
Offisier van die Jaar - kapt Madelein Tonkin; Administratiewe lid van die Jaar Visuele Polisiëring - Zingisa Pose;
Lid van die Jaar Visuele Polisiëring - kst Wynand Karelse;
Ondersteuningslid van die Jaar Visuele Polisiëring - Ao Tommie Kleynhans;
Skof van die Jaar - A-aflossing;
Spesiale toekenning vir diensjare - Ao André Strydom;
Spesiale groep van die Jaar - Misdaadvoorkomingseenheid;
Speurder van die Jaar - Ao Richard van Eyck;
Sportvrou en -man van die Jaar - kol Charmain van der Sandt en Ao Christo Westraad.
Die A-aflossing is Da Gamaskop-polisiestasie se Skof van die Jaar. Hier is sers Barnard, reservis-kst Williams, kst Lumkwana, sers Peter, kst Rhode, Z Pose, ao Mono, reservis-kst Booysen, kst Ramovha, kst Hein en kst Karelse.
Die Da Gamaskop Misdaadvoorkomingseenheid is aangewys as die stasie se Spesiale Groep van die Jaar. Hier is GPF-voorsitter, past Moses Matthews, en stasiebevelvoerder, kol Charmain van der Sandt, saam met (agter) Ao Jacobs, sers Brandt, operasionele ondersteuningshoof, kapt Botha en (voor) konstabels Duitsjan en Jas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'