MOSSELBAAI NUUS - 'n Drie-en-dertigjarige man van Nigeriese afkoms is verlede Donderdag deur lede van die Da Gamaskop-polisie aangekeer vir handel in verskeie dwelmmiddels.
Lede van die Da Gamaskop-polisie het op Donderdag, 16 Augustus om 14.00 'n bedekte operasie uitgevoer in die Joe Slovo-woongebied, waartydens die verdagte gearresteer is vir handel in tik, mandrax en kokaïene met 'n geskatte straatwaarde van tussen R20 000 - R50 000.
Die lede betrokke by die optrede is sers Dayle Brandt, kst Ludumo Dyasi, bygestaan deur 'n buurtwaglid. Die stasiebevelvoerder van die Da Gamaskop-polisie, kol Mark Hartzenberg het die hoof van visuele polisiëring, lt kol Chris Meiring en sy lede betrokke gelukgewens met hul deeglike beplanning, optrede en sukses behaal.
"Die gevare ten opsigte van dwelmgebruik en skade veroorsaak onder die jeug as gevolg hiervan, kan nie oorbeklemtoon word nie. Hierdie suksesvolle arrestasie is 'n groot deurbraak teen dwelmhandel," sê kapt Wollie Fourie, kommunikasiebeampte van die Da Gamaskop-polisie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'