MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisiestasie se aanklagkantoor, selkompleks en administratiewe kantoor sal vir die volgende 48 uur gesluit wees weens Covid-19.
Dit, nadat lede van die polisiestasie die virus opgedoen het. Skoftelede sal dus geisoleer word.
Polisiewoordvoerder, kapt Wollie Fourie sê die kantore sal gedisinfekteer word.
Die kantore sal weer op Vrydag, 27 November vanaf 06:00 oop wees.
Intussen sal ‘n tydelike aanmeldingspunt by die kantore van Kinderwelsyn in Mosselstraat, Da Gamaskop vir die publiek tot beskikking wees.
Alle sake word na die Mosselbaai-polisiestasie verwys 044 606 2800) of KwaNonqaba-polisie (044 606 5600).
Klagtes kan ook direk gemaak word by die die Da Gamaskop sektorvoertuie (082 379 3452 en 082 379 2449).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'