MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamskop-polisie het 'n 18-jarige verdagte in hegtenis geneem en ondersoek 'n saak van huisbraak en besit van gesteelde goedere, nadat hulle onlangs op verskeie items beslag gelê het in Sonskynvallei.
Reserviste Delia Riddles en Deon Booysen saam met sers Caroline Stemmet het op gesteelde goedere beslag gelê waarna hulle verdere inligting ontvang en opgevolg het.
Die spoor het na 'n perseel in Sonskynvallei gelei, waar daar op onder meer 'n skootrekenaar, 'n vuurwapen, twee Xbox-speletjiekonsoles, 'n iPhone-silmfoon, asook klerasie beslag gelê is.
Die lede is bygestaan deur ao Pierre Botha, bevelvoerder van die landelike sektor en A-skoflede.
Daar is op hierdie vuurwapen en skootrekenaar beslag gelê deur lede van die Da Gamaskop-polisie. Dit word verbind met 'n huisbraaktoneel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'