MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie hou in die volgende twee weke verskeie imbizos met die gemeenskap ten einde beter dienslewering te bewerkstellig en lede van die gemeenskappe te aktiveer in die stryd teen misdaad.
Die datums vir hieride imbizo's is soos volg:
• Maandag, 9 Oktober - D'Almeida-gemeenskapsaal, 18:00 (Sektor 1)
• Dinsdag, 17 Oktober - Sonskynvallei-gemeenskapsaal, 18:00 (Sektor 2)
• Donderdag, 19 Oktober - Uitbreiding 13, Holy Nativity Kerk, (Sektor 1)
Vir navrae kontak:
Sektor 1: kst Dyasi (082 778 7308) OF Sektor 2: ao Botha (079 879 9093)
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'