MOSSELBAAI NUUS - Met die uitslae van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen nog vars in die geheue, het Curro Mosselbaai, nog meer redes om trots te wees op die kwaliteit prestasies van sy leerders.
Die uitslae van die 23 Graad 12 leerders wat die eksamen van die Onafhanklike Eksamenraad afgelê het, het weereens daarvoor gesorg dat Curro Mosselbaai met 100% slaagsyfer kan spog.
Curro Mosselbaai is die engiste skool in die Mosselbaai area waar leerders hierdie hoogs aangeskrewe eksamen van die Onafhanklike Eksamenraad, aan die einde van Graad 12 skryf. Die eksamen word allerweë in onderwyskringe as uitdagend en uiters geloofwaardig beskou.
Megan Robertson spog met ‘n paar onderskeidings en 15 van die 23 matriekkandidate het universiteitstoelating verwerf. Die ander kandidate kan almal aansoek doen om tersiêre studies op diploma-vlak voort te sit.
Dit is egter nie net op akademiese gebied wat Curro Mosselbaai besig is om naam te maak nie. Op ‘n wye verskeidenheid sportgebiede verskaf Curro stewige kompetisie en is leerders besig om uitnemende prestasies te lewer. Buiten die vyf SWD atlete, spog Curro ook met SWD hokkiespelers, Eden Skaakkampioene, Judo- kampioene en gimnaste wat aan Suid Afrikaanse kampioenskappe deelneem. Imane Hoffman is tans ook die wêreldkampioen in ”Mixed Martial Arts”. Op die gebied van seiljagvaart en in die swembad word Curro ook op internasionale vlak verteenwoordig.
Curro beskik ook oor ‘n gekwalifiseerde Westelike provinsie rugbyskeidsregter.
Op die skietbaan vaar Anlo Ferreira en Ian Jacobs uitstekend. Hierdie leerders het onder andere albei, reeds op jeugdige ouderdom, die Junior CHASA kursus voltooi.
Vanaf 2018 neem kultuur aktiwiteite by Curro Mosselbaai, ‘n reuse sprong vorentoe.
As ‘n ATKV Jeugtak sal Curro met nuwe ywer, reeds gevestigde gemeenskapsprojekte kan aanpak. Die jaarlikse Curro Koorfees word ook eersdaags by die skool aangebied. Tydens hierdie spoggeleentheid waar talle plaaslike kore deelneem, kry Mosselbaaiers die geleentheid om pragtige koormusiek, van hoogstaande gehalte, te geniet.
Die Verteenwoordigende Raad van leerders vir 2018 is onlangs verkies. Die VRL beoog verskeie opwindende projekte vir die leerders van Curro Mosselbaai gedurende 2018. Louis Du Pisani en Lara van Rooyen is as Hoofleiers verkies.
Die verteenwoordigende raad van leerders vir 2018.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'