MOSSELBAAI NUUS - Bekende sakeman, helikoptervlieënier en filantroop, Kobus Crous se gedenkdiens word op Sondag, 24 Oktober gehou.
Die geleentheid vind om 11:00 op die plaas Bergsig buite Hartenbos plaas.
Volgens Crous se weduwee, Lizelle moes die verrigtinge vanweë die voorspelde gure weer van môre, Saterdag 23 Oktober na Sondag geskuif word.
Crous het bevestig dat ‘n buitelugdiens gehou word en dat roubeklaers van oraloor die land asook vanuit die buiteland die diens sal bywoon.
Wyle Kobus Crous is op 6 Oktober in ‘n hospitaal in Gauteng oorlede waar hy vir Covid-19 verwante simptome behandel is.
VERWANTE ARTIKELS:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'