Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Sedert die begin van die nasionale inperking is sover bekend, 14 openbare geboue of kantore op Mosselbaai in die stryd teen die koronavirus ontsmet. Dít nadat 'n werknemer van die betrokke instansies, óf positief getoets het vir Covid-19, óf in direkte kontak was met 'n persoon wat positief getoets het.
Die Covid-19 koronavirus speel nie meer wegkruipertjie nie.
Teen druktyd gister, is bevestiging ontvang dat Absa in Langeberg Mall ook tydelik gesluit is vir ontsmetting nadat 'n werknemer positief vir Covid-19 getoets is. By navraag het Tshiwela Mhlantla, 'n uitvoerende beampte van Absa gesê dat die werknemer in selfisolasie is en dat kontakopsporing tans in oorleg met die departement van gesondheid gedoen word.
Die tak heropen op Maandag, 22 Junie. "Ons het voorsorgmaatreëls by al ons takke verskerp." Volgens die inperkingsregulasies is die staat verantwoordelik vir die ontsmetting van staatsinstansies, terwyl die eienaar van 'n gebou of besigheid self daarvoor verantwoordelikheid moet neem. Indien 'n werknemer positief toets, of in direkte kontak was met 'n persoon wat die virus onder lede het, moet alle plekke waar die geaffekteerde persoon moontlik kon wees en wat moontlik geïnfekteer kan wees, ontsmet word vóór werksaktiwiteite kan hervat.
Fotogalery: Covid-19: Mosselbaai openbare geboue ontsmet
Prosedure
Stasiebevelvoerder van die Mosselbaai se brand-, redding- en rampbestuursdienste, Ann Supra-Vertue, sê hulle het by twee geleenthede die polisie se plofstofeenheid bygestaan om die Da Gamaskop- en die KwaNonqaba-polisiestasies te ontsmet.
Intussen is die brandweer ook ontbied na onder meer die Hartenbos-rioolplaas asook die Mosselbaai-munisipaliteit se hoofgebou, waar onder meer die raadsaal en die kantoor van die munisipale bestuurder ontsmet is. Die kantore van die stadsbeplanningdirektoraat in Montagustraat en die Thusong-sentrum in KwaNonqaba is ook onlangs ontsmet. Privaatinstansies, soos die kantore van Suiderkruis Sekuriteit op Groot-Brakrivier en die Food Lover's Market, Mosselbaai Mall moes ook ontsmet word. Supra-Vertue sê dit bly die eienaar se verantwoordelikheid en plig om toe te sien dat alles moontlik gedoen word om die verspreiding van die Covid-19-virus te voorkom.
"Ontsmetting moet deurlopend gebeur. As daar 'n toonbank is, moet die toonbank na die besoek van elke kliënt ontsmet word. Indien dit nie gedoen word nie en daar het byvoorbeeld 'n druppeltjie spoeg op die toonbank agtergebly, kan die volgende kliënt met die virus besmet word."
'Dis 'n werklikheid'
Intussen het die Mosselbaai se brand-, redding- en rampbestuursdienste 'n innoverende tipe spuitkan vir sanitering prakseer. "Dit werk soos 'n spuitverfmeganisme wat die saniterings-middel in baie fyn missproei lewer. Alle personeel van 'n kantoor wat waarskynlik besmet is, moet die perseel verlaat waarna ons dit gesaniteer. Die produk wat ons gebruik, word vir 12-ure in die area gelaat.
"Ons het ook langs die brandweerstasie, waar die voertuie gewoonlik gewas is, 'n nuwe struktuur opgerig. Dit werk soos aan 'n motorwassery en enige brandweervoertuig wat gebruik word gaan deur wat ons noem, die sanitation booth," sê Supra-Vertue. Alle nooddiensvoertuie en die brandweerstasie word twee maal per dag deeglik gesaniteer. Ook alle nooddiensvoertuie word gesaniteer wanneer hulle vanaf 'n insident of inspeksies terugkeer. 'n Brandweervoertuig wat by 'n voorval was, word met terugkoms binne en buite gedisinfekteer. Dit is ondenkbaar dat die brandweerstasie sal moet toemaak. Daarom het ons ook nou slegs een punt van toegang en dit is by die beheerkamer." Die brandweerpersoneel se uniforms word ook met 'n spesifieke middel ontsmet.
"Covid-19 is 'n werklikheid op Mosselbaai," sê munsipale woordvoerder, Nickey le Roux. "Dink asseblief aan ander, wees voorbereid en implimenteer voorkomingsmaatreëls.
"Deur onselfsugtig op te tree en aan voorkomingsmaatreëls gehoor te gee, red 'n mens waarskynlik nie net jou eie nie, maar dalk ook die lewe van 'n ouer, 'n ouma of 'n oupa, of 'n vriend."
'n Brandweervoertuig word ontsmet.
Personeel in beskermende drag ontsmet die kantore van die Mosselbaai-brandweer.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'