TUINROETE NUUS - Die Tuinroete Cliviaklub hou vanjaar verskeie byeenkomste waar besoekers saam oor die pragtige blomme kan gesels. Plante sal ook opgeveil word en soos altyd kan besoekers plante wen.
Tydens elke byeenkoms sal 'n kenner die belangstellendes toespreek.
Die byeenkoms word gehou op 25 April en op 20 Junie. Daar is vanjaar ook drie uitstallings waartydens die beste blomme in die land vertoon sal word.
Op Saterdag, 8 Augustus word 'n interspesieskou gehou en op Saterdag en Sondag, 26-27 September vind die Miniata-skou plaas. Op Saterdag, 3 Oktober word daar 'n uitstalling op Mosselbaai gehou.
Vir meer inligting besoek die klub se webwerf by www.gardenroutecliviaclub.za.org of kontak Carrie Kruger (083 343 1288) of Randolph Young (072 768 5688).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'