1. Klein katjies bly nie altyd klein nie.
2. Ouer katte is rustiger.
3. Hulle persoonlikhede het reeds ontwikkel en pas dus makliker in by 'n huishouding.
4. Ouer katte doen minder "kattekwaad".
5. Hulle vorm sterk bande met hulle huismense.
6. Meeste ouer katte gee nie so baie om om alleen tuis te wees wanneer hulle huismense elders is nie byvoorveeld werk of skool.
7. Katte word tussen 15-20 jaar oud, daarom is 'n kat van agt jaar oud slegs middeljarig met nog baie jare om vertroetel te word.
8. Jy hoef nie te wonder oor hoe groot jou kat nog gaan word nie.
9. Ouer katte het minder aandag nodig, maar is nog steeds spelerig.