TUINROETE NUUS - Die Tuinroete-cliviaklub het op Saterdag 7 Augustus hul jaarlikse Clivia-interspesie-skou by die George Garden Centre gehou.
Die klub spreek sy dank uit aan die meer as 150 lede van die publiek wat die skou bygewoon het asook aan die bestuur van die George Garden Centre vir die beskikbaarstel van hul fasiliteite. In totaal is 96 plante deur die 11 uitstallers ingeskryf.
Volgens Karl Rost, voorsitter van die klub, was daar 'n groot toename in die aantal vertoonplante wat ingeskryf is in vergelyking met vorige skoue.
Hy vertrou dat digby 100 inskrywings by die volgende interspesieskou verwag kan word. Uitstallers skryf hul plante in verskillende kategorieë in en die plante word deur gekwalifiseerde beoordelaars beoordeel.
Die beoordelaars kies dan ook die top drie plante van die skou. Die publiek kry ook geleentheid om te stem vir die plant wat vir hulle die mooiste is.
Lees meer in susterpublikasie, George Herald
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'