MOSSELBAAI NUUS - Canibeat Productions se produksie waartydens die room van plaaslike talent te siene sal wees, gaan voort.
Die geleentheid vind op 15 Desember om 19:00 by die Lighthouse Assemblies of God Kerk in Uitbreiding 13 plaas.
Tydens die produksie sal verskeie kunstenaars optree. Toegang is R30 vir volwassens en R20 vir kinders.
Canibeat se oogmerk is om plaaslike talent te ontwikkel deur 'n platform vir optredes te skep waar jonges hulle vaardighede ten toon kan stel en kan afrond. Die organisasie het vanjaar ook daarin geslaag om 'n borgskap van die Garden Route Casino se gemeenskapstrust te ontvang, maar hulle aanvanklike planne vir optredes is deur die Covid-19-pandemie in die wiele gery.
"Ons het besluit om met die konsert voort te gaan. Die kerk word vooraf ontsmet en alle Covid-19-protokol sal in plek wees met die gehoor se aankoms," berig Adrian London, een van Canibeat se stigters. Vir meer inligting, kontak Adrian (078 245 8681).
Canibeat Prodcutions se span op 'n foto wat vroeër vanjaar geneem is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'