MOSSELBAAI NUUS - Tiaan Gildenhuys van Outoriteit in Christus-bedieninge besoek Mosselbaai vanaf 3 tot 5 Oktober vir drie gesprekke oor aktuele temas vir gelowiges en soekendes.
Al drie byeenkomste vind plaas in die lokaal van die World Outreach-gemeente in die Vintcentgebou op die hoek van Kerk- en Blandstrate. Dinsdag, 3 Oktober se gesprekstema is Christenskap versus Islam. Woensdag, 4 Oktober praat Tiaan oor die profetiese woord in die Bybel en Donderdag word die reeks afgesluit met gesprek oor die sogenaamde "Python-gees" en die gees van uitstel.
Tiaan glo hierdie boodskappe is van belang vir alle mense - gelowiges, soekendes en ongelowiges. Geen spesifieke kerkgroep of denominasie se standpunte word in die gesprekke weergegee nie.
Die fokus val op Bybelse waarhede wat dikwels misgekyk word en mense word aangemoedig om self die skrifte verder te ondersoek.
Die byeenkomste is gratis en slegs 'n dankoffer sal opgeneem word om kostes te dek.
Dit begin daagliks om 18:00 vir 18:30 begin.
Geen besprekings is nodig nie.
Vir navrae skakel Tiaan (082 803 3326).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'