MOSSELBAAI NUUS - Buurtwagte wat in die groter KwaNonqaba-area onder leiding van die voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Edgar Ntebe, tot stand gekom het, het 'n beduidende impak op misdaadtendense gehad, sê die woordvoerder, sers Kapp.
"Buurtwagte is die oë en ore van die polisie en is van onskatbare waarde vir die dienende lede," aldus sers Kapp.
Die impak is sodanig dat misdadigers hulle nou na ander areas, onder meer Vleesbaai en verder wend omdat die wêreld in KwaNonqaba vir hulle te warm gemaak word.
Daar word gereeld met die gemeenskap gewerk en bewusmaking gedoen van die werk van die GPF, en Ntebe skakel deurentyd met die sektorlede en buurtwaglede om groter sigbaarheid te verseker. Hierdie optrede het bygedra tot 'n merkbare afname in geleentheidsmisdade in die area.
Buurtwaglede in hul glimbaadjies is 'n gereelde gesig in die KwaNonqaba-gemeenskap. Onder leiding van die voorsitter van die KwaNonqaba GPF, Edgar Ntebe (middel, agter), is die buurtwag baie aktief en hul sigbaarheid het 'n beduidende impak op die misdaadtendense in die area.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'