MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Gaatjie-buurtwag het tydens patrolliediens op Vrydag, 4 Junie 'n 45-jarige man teëgekom wat van sy selfoon beroof is.
Die buutwaglede het die inligting wat die man verskaf het dadelik opgevolg en tydens hulle ondersoek om 01:00 op Saterdag, 5 Junie drie verdagtes sien hardloop.
Hulle het die verdagtes agternagesit en twee van die verdagtes is deur die buurtwaglede gearresteer. Een van die twee gearresteerde verdagtes was in besit van 'n mes..
Die verdagtes is suksesvol verbind met die roof van die selfoon en aan die Da Gamaskop-polisiestasie se dienssentrum oorhandig waar die klaer 'n saak aanhandig gemaak het. Kolonel Khutala Masakala, stasiebevelvoerder het die buurtwaglede bedank vir hul goeie werk.
Van links; Cora Jacobs, Vizo Beaton, Jerome Pieterson, Lorenzo Thomas, Beaty Davids, Jaydene Piedt en Venessa Cupido.
Kolonel Khutala Masakala, stasiebevelvoerder van die Da Gamaskop-polisiestasie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'