MOSSELBAAI NUUS - Die Danabaai Buurtwag het onlangs met 'n inisiatief begin waar hulle 'n ekstra diens aan senior burgers wat alleen bly, of waar beide bejaarde persone 'n mediese kondisie het, aanbied.
Volgens die buurtwag ondervind hulle vanaf Desember, 2020 dat baie van hulle senior burgers alleen woon en iemand nie dadelik agterkom indien iets met die inwoners gebeur nie.
Die buurtwag het dus nou 'n databasis opgestel en 'n sisteem in plek gestel waar hulle gereeld deur middel van 'n boodskap seker maak dat alles by die inwoners in orde is.
Die buurtwag sal minstens twee keer per dag met die inwoners wat op die sisteem wil registreer kontak maak.
Inwoners op die buurtwaggroep was die afgelope week vol lof vir die nuutste inisiatief.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'