MOSSELBAAI NUUS - Die afgelope naweek het verskeie buurtwaggroepe deelgeneem aan misdaadvoorkomingsaksies in die Da Gamaskop-polisie se bedieningsarea.
Groepe van Hartenbos, Diasstrand, tot sover as Gouritzmond en Albertinia, het hulleself beskikbaar gestel om gedurende die naweek patrollies in woongebiede te verrig.
Twee groepe is gevorm wat deur die verskillende woongebiede, naamlik JCC-kamp, Uitbreidings 8, 13, 23 en D'Almeida beweeg het.
Volgens die kommunikasiebeampte van die Da Gamaskop-polisie, kapt Wollie Fourie het die groep buurtwaglede 'n wesenlike verskil gemaak in mannekragaanvulling.
"Ons het baie goeie reaksie en samewerking gekry tydens die operasie.
"Ons doen weer eens 'n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak by straatkomitees en buurtwagte."
Hierdie saamgestel groep buurtwaglede het onder leiding van kapt Deon Bothma (regs) deelgeneem aan verskeie patrollies deur woongebiede die gedurende die naweek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'