MOSSELBAAI NUUS - Buurtwaglede van Uitbreiding 26 het twee verdagte mans aangekeer verlede week Donderdag, 7 Junie omstreeks 02:00 toe hulle op patrollie was.
Die verdagtes het vermoedelik gesteelde goedere in hulle besit gehad wat later aan die Da Gamaskop-polisie oorhandig is.
Een van die verdagtes is deur die buurtwaglede in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.
Die ander verdagte het egter weggehardloop. Daar is later die oggend uitgevind dat die battery wat in die verdagtes se besit gevind is, uit 'n voertuig in Boland Park gesteel is. Die eiendom is reeds uitgeken en terugbesorg.
Hierdie bepaalde buurtwaggroep word gelei deur voormalige skoolhoof van Hillcrest Sekondêre Skool, mnr JJ Bavuma.
'n Saak van diefstal uit 'n motorvoertuig en besit van gesteelde goedere word ondersoek.
Hierdie buurtwaglede van Uitbreiding 26 is op hulle kop en het twee verdagtes aangekeer verlede week.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'