MOSSELBAAI NUUS - Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal het hom vandag sterk uitgespreek teen die vlaag van geweld wat deur die land veral op vroue en kinders 'n impak het.
Hy het 'n beroep op Mosselbaaiers gedoen om aanvaarbare waardes en norme na te streef en daarop gewys dat die ou Afrika-tradisie van Ubuntu navolgenswaardig is.
"Dit verg gewis 'n hele samelewing om na die belange van ons jongmense, ons kinders en veral die vroue in ons gemeenskap om te sien.
Niemand durf die hande van diegene wat aan ons lewe gegee het, skaad nie. Die vroue wat ons voed en opvoed behoort veel eerder gekoester te word. Ek doen 'n beroep op Mosselbaaiers om te bid vir nugterheid van denke en die herstel van wet en orde," het die burgemeester benadruk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'