MOSSELBAAI NUUS - Raadsheer Harry Levendal, uitvoerende burgemeester van Mosselbaai moes besonder tuis gevoel het Saterdag toe hy op Brandwag saam met lede van die gemeenskap gekuier het tydens die jaarlikse Burgemeesterstee.
Raadsheer Levendal het al by talle geleenthede te kenne gegee dat Brandwag, vanweë sy geskiedenis met die dorpie, hom na aan die hart lê.
Bo en behalwe die gesellige saamkuier, het sang- en dansitems 'n besonderse bydrae tot die dag se sukses gelewer.
Na afloop van die tee het raadsheer Levendal die talent ten toon gestel juis geloof.
Dit was 'n groot verrassing vir die kinders van die gemeenskap, toe daar Saterdag boonop vir hulle ook Kerspakkies uitgedeel is.
Powertown se lyndansers was 'n treffer by Brandwag se tee.
Seniors was gretig om 'n woordjie in te kry met raadsheer Harry Levendal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'