MOSSELBAAI NUUS - 'n Lang en suksesvolle loopbaan in plaaslike bestuur het vandeesweek plek gemaak vir 'n onontbeerlike rol in die bediening toe Peter Juthe sy pos as bestuurder in die kantoor van die burgemeester op Mosselbaai vaarwel toegeroep het.
Juthe, wat onder meer as stadsklerk in die destydse Groot-Brakrivier-munisipaliteit 'n groot rol in die gemeenskap gespeel het, beplan glad nie om 'n stille aftrede tegemoet te gaan nie.
Sy rol in die geloofsgemeenskap is reeds gesement en hy sal veral onthou word vir die talle suksesvolle burgemeestersbiddae wat onder sy leiding in die vorige termyn gehou is.
Tereg is daar 'n tyd vir begin en 'n tyd vir 'n einde, en hoewel sy loopbaan by Mosselbaai-munisipaliteit na byna drie dekades ten einde loop, begin hy nou ten volle sy roeping as geloofsleier uitleef.
Peter se opvolger is Willie Conradie, eens die stadsklerk van Klawer en 'n vorige direkteur van korporatiewe dienste van die Matzikama-munisipaliteit in Vredendal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'