GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Bridge@Grootbrak Brugklub het op Donderdag, 17 Maart die klub se vyfde bestaansjaar met 'n brugkompetisie en 'n lekker braai daarna gevier.
Die komitee bedank al die lede vir hul gereelde bywoning asook hul hulp en bydrae wanneer dit benodig word.
'n Totaal van 26 lede het aan die kompetisie deelgeneem waarna die braai gevolg het. Almal het die dag baie geniet.
'n Groot dankie gaan ook aan die Mosselbaai-munisipaliteit se sport-afdeling vir die huur en gebruik van die Groot Brak-krieketklubhuis vir die speel van brug gedurende weeksdae wanneer die krieketklub nie die klubhuis gebruik nie.
Nuwe brugspelers is altyd welkom en beginners kan ook Dinsdae kom wanneer gratis klasse gegee word. Skakel Johan Snyman (083 736 5747) vir meer besonderhede.
Daar is heerlik saam gekuier.
Die manne het die vleis gebraai terwyl die vroue vir die bykosse gesorg het.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'