GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Nooddienste is op die toneel waar ‘n bromponie en ‘n bakkie in ‘n botsing by ‘n kruising op Groot-Brakrivier betrokke was.
Die vroulike bestuurder van die bromponie het na wat verneem word op die R102-pad in die rigting van George gery toe sy deur ‘n bakkie getref is.
Volgens ‘n ooggetuie het die bestuurder van die bromponie beserings opgedoen maar die aard van haar beserings is nog nie bekend nie.
Meer inligting is nie tans oor die voorval beskikbaar nie en navrae is aan die Groot-Brakrivier-polisiestasie gerig.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'