MOSSELBAAI NUUS - Die Hartenbos ATKV-kultuurtak se laaste projek vir 2018, tydens Hartenbos Drawwers se oujaarsdagwedloop, was 'n klinkende sukses.
Daar was goeie gees en die drawwers het die worsbroodjies waarmee hulle bederf is geniet. "Ons is mos braaiers van formaat," aldus 'n woordvoerder van die kultuurtak.
Die volgende funksie van die tak vind plaas op Woensdag, 30 Januarie, vanaf 18:00. Dit is die jaarbeplanningsfunksie. "Taklede en voornemende taklede, kom deel met ons jul voorstelle en geniet die aand saam."
Vure sal reeds om 18:00 by die Pretpark se lapa brand. "Bring 'n mandjie met julle eie eet- en drinkgoed saam. Dit is 'n bring-en-kuieraand."
Vir enige inligting, kontak Rolien (084 621 2838).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'