Op Saterdagoggend, 6 Julie het vroue van die Hartenbos munisipale kantoor by die brandweerstasie bymekaar gekom en is hulle behoorlik geleer hoe brandblussers werk.
Daarbenewens het hulle ook die geleent-heid gehad om die ander toerusting wat brandbestryders gebruik in hul dag se werk, van naderby te beskou en is hulle oor die hantering en toepassing daarvan ingelig.
Die vroue het dit veral geniet om te voel hoe ry die groot geel brandweerwa.
Vir 'n kort rukkie het die vroue 'n goeie indruk gekry van die lewensbelangrike, tog ondankbare werk wat brandbestryders daag-
liks doen.

Die Mosselbaai munisipale brandweer het die administratiewe personeel van die munisipale kantore op Hartenbos die afgelope naweek touwys gemaak in die hantering van brandblussers. Foto: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'