MOSSELBAAI NUUS - Die gemeenskap van Brandwag het verlede naweek die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal met ope arms gul verwelkom by die jaarlikse Burgemeesterstee.
Raadslid Annatjie Janse van Rensburg het vir Brandwag se oudste inwoner, me Margaret Fillies (94) 'n rolstoel bewillig en op Saterdag, 24 November het raadsheer Levendal die rolstoel aan haar oorhandig.
Pinnochio-créche se jongklomp het onder leiding van René Jansen die gaste vermaak en heerlik gekuier.
Brandwag se nuutverkose gemeenskapseiendomsbestuur (CPA) is ook betrek wat in samewerking met raadslid Janse van Rensburg die heerlike ete voorgesit het wat die gaste by die keurig versierde tafels, danksy die kranige Belinda Claasen, kon geniet.
Raadslid Janse van Rensburg bedank die CPA-voorsitter, Rochel Polla Fillies vir hul hulp met nog 'n hoogtepunt vir 2018.
Raadslid Janse van Rensburg bedank die CPA-voorsitter, Rochel Polla Fillies vir hul hulp met nog 'n hoogtepunt vir 2018.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'