MOSSELBAAI NUUS - Die NG-gemeente op Brandwag het op Saterdag, 23 April hul immergewilde basaar gehou. Dit het omtrent gewoel op die kerkterrein waar die verrigtinge gehou is en die opkoms was goed.
Kerkbasaars is 'n onmisbare deel van die gemeenskapslewe binne die groter Mosselbaai en hierdie byeenkomste het 'n groot knou gekry gedurende die grendeltydperk vanweë Covid-19.
Nie net in terme van die finansiële verlies nie, maar ook aangesien gemeentelede en basaargangers van 'n belangrike samesyn ontneem is.
Vryskutfotograaf vir die Mossel Bay Advertiser, Grey Stopforth het by die basaar gaan inloer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'