MOSSELBAAI NUUS - Brandbestryders van Mosselbaai se Brand en Rambestuursdienste moes vanoggend 'n veldbrand, wat vermoedelik gestig is, in die woonbuurt Island View blus.
Volgens inwoners is 'n verdagte voertuig in die omgewing opgemerk kort voor hulle 'n harde ontploffing gehoor het en gesien het hoe die silwerkleurige sedan vinnig wegjaag.
Brandbestryders was baie gou op die toneel en het die brand geblus.
'n Ooggetuie het aan die Mossel Bay Advertiser bevestig dat die verdagte voertuig op 08:13 op sekuriteitkameras opgemerk is, en dat gesien kan word hoe dit om 08:15 weer vinnig wegjaag.
Dit is nie bekend of 'n klag reeds by die polisie aanhangig gemaak is nie.
Brandbestryders was baie gou op die toneel en het die brand geblus.
Brandbestryders was baie gou op die toneel en het die brand geblus. Foto's: Dave vd Merwe
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUS REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'