Update Video
GROOT-BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Dinsdagaand, 18 Januarie ongeveer 21:00 het vier informele wonings in die Wolwedans-nedersetting afgebrand.
Op Woensdag, 19 Januarie het nog drie huise wat langs dié staan wat Dinsdag afgebrand het, aan die brand geslaan. Die brande het ongeveer 12:50 begin.
Sewe huise in totaal is in die brande verwoes. Niemand is egter beseer nie.
Die vermoede bestaan dat ‘n klein vuurtjie langs die eerste houtstruktuur deur middel van die die sterk wind van gister buite beheer geraak het.
Die oorsaak van die brande sal egter ondersoek word.
Video: Brande rig groot skade aan in Wolwedans
Vorige artikel: Brand lê wonings in puin
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'