Die brandbestryders, wie se onbaatsugtige diens aan die gemeenskap reeds onteenseglik bewys is in die hantering van die massiewe veldbrande van die onlangse verlede, gaan as deel van ‘n groter saamtrek van die Suid-Kaapse vertakking van die SUID-AFRIKAANSE NOODDIENSTE INSTITUUT in samewerking met ander nooddienste vanoor die Suid-Kaap uitreik na die St Johns Kleuterskool in Highway Park, waar na talle kleuters onder haglike omstandighede omgesien word.
Die Mosselbaai sameroeper van die gemeenskapsuitreikaksie, Nadia Jacobus-Julies (078 788 4112) sê die brandbestryders gaan onder meer die hek na die perseel vervang, die erf ‘n bietjie opknap, en algemene onderhoudswerk aan die perseel doen.