Update
NUUTSTE INLIGTING 25 Februarie om 17:47 - Die veldbrand naas die R328 in die Brandwag-omgewing is onder beheer. Personeel van die provinsiale verkeer is steeds op die toneel en die pad is oop vir verkeer. Opruimingswerk word tans deur brandweerpersoneel onderneem.
MOSSELBAAI NUUS - n Veldbrand wat vroeër vanmiddag in die Brandwag-omgewing op n plaas ontstaan het, is steeds nie geblus nie.
Brandbestryders van Mosselbaai Munisipaliteit se Brand en Rampbestuur is steeds op die toneel.
Die R328 is steeds oop vir verkeer.
Die brand by Brandwag woed steeds, maar brandbestryders is op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'