Update
MOSSELBAAI NUUS - Die veldbrand naby Eight Bells woed steeds.
Die brand word steeds deur MTO Jonkersberg, met twee brandweerwaens en 'n span van 12, asook 'n kontrakteurspan van 20 brandbestryders en personeel van die Mosselbaai brand en rampbestuursdienste met twee vuurtenkers beveg.
Volgens 'n woordvoerder van Eden Distriksmunisipaliteit hou die brand tans geen bedreiging vir enige wonings in nie, hoewel die brand steeds nie onder beheer is nie.
Lees 'n vorige artikel: Firefighters battle vegetation fire
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'