Gallery
HARTENBOS NUUS - 'n Brand by die Boeretroos en Moerse Lekker Vetkoek-winkel op die hoek van Majuba en Paardekraal in Hartenbos, het vanoggend groot skade aangerig.
Die brand het ongeveer 05:00 in die kombuis van die gesogte eetplek onstaan.
Die eetplek se personeel is deur personeel van die ATKV gekontak om te sê daar kom rook by die gebou uit.
Die brandweer is ontbied en die brand is geblus, maar groot skade is aangerig in die kombuis en aan toerusting.
Verskeie ander vertrekke in die gebou het rookskade opgedoen.
Ten tye van die brand, was nie een van die vier werknemers op die perseel nie.
Personeel het vanoggend gewag vir die ondersoekspan om die oorsaak van die brand te bepaal.
Groot skade is aangerig in die kombuis en aan toerusting. Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'