MOSSELBAAI NUUS - ‘n Informele struktuur het vanoggend, op Vrydag, 15 Julie langs ‘n woning op Sonskynvallei afgebrand.
Die Mosselbaai-munisipaliteit se brand-, redding- en rampbestuurdienste is vanoggend om ongeveer 06:30 na die toneel in die woongebied ontbied. Die brand is kort daarna geblus.
Na wat verneem word is een persoon vir rookinaseming behandel.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Foto's: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'