MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser se braaibroodjie-kompetisie vind môre, op Saterdag, 4 November, plaas.
Dié gewilde kompetisie vind by die Koswerf op Hartenbos plaas. Inwoners is welkom om die geleentheid by te woon.
Dit begin om 10:00 en sal tot ongeveer 13:00 duur. Die Mossel Bay Advertiser bedank die volgende borge: keramiekkunstenaar Minda du Plessis, Matt and Collin's Pizzeria and Food Bar, Botlierskop, Brink & De Bruin Oogkundiges, ATKV Hartenbos, Gastao's Quality Foods, kunstenaar Zandra Klapwijk, CP Craft Coffee Roasteries, SSK Agriland en Albert Wiffen.
Die finaliste is: Clarice Andries, Louis Pieterse, Jacolean West, Adele Cornelissen en Pauli Pretorius.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’