MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit het die bouval van die restaurant by De Bakke wat in die vroeë oggendure van Donderdag, 16 Mei deur vlamme verwoes is, opgeruim.
Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal het vandeesweek persoonlik die bouterrein besoek waar die munisipaliteit binnekort die omheining om die terrein sal verwyder.
Beide die gebou, wat die La Belea Sportkroeg gehuisves het, asook die De Bakke-parkeerarea waar die restaurant bedryf is behoort aan die munisipaliteit.
"Daar is nie onmiddellike planne vir die terrein nie, hoewel sommige voorstelle tog geopper is. Die terrein leen homself tot 'n velerlei opsies vir 'n voorkeurontwikkeling wat toerisme en ekonomiese ontwikkeling sal bevorder," het die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee laat blyk.
'n Brand het in die vroeë oggendure van Donderdag, 16 Mei die La Belea Sportkroeg op die De Bakke-parkeerarea verwoes. Foto: Thys Giliomee
Lees 'n verwante artikel hier: Restaurantbaas deel skok
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'