Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - ‘n Motorongeluk vanoggend, 7 Desember net voor 08:00 op die kruising van Monte Christo-afdraai en die R102 dien as waarskuwing aan motoriste om versigtig te bestuur in die reënweer wat sedert gisteraand in die gebied voorkom.
‘n Toyota Hilux-bakkie en ‘n Toyota Corolla-voertuig was in die ongeluk betrokke. Niemand is beseer nie.
Die Hilux-bakkie het egter in ‘n sloot tot stilstand gekom en moes deur ‘n insleepdiens verwyder word.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'