MOSSELBAAI NUUS - Inligting is ontvang dat ‘n voertuig met twee insittendes in Grysboklaan in ‘n erf beland en teen ‘n huis gebots het.
Sover bekend, het die bejaarde man wat die Mercedes-sedan bestuur het, ‘n hartaanval of beroerte gehad en toe beheer oor die voertuig verloor.
Volgens inligting, het die bestuurder die voorval oorleef, maar ernstige beserings opgedoen.
Die vrouepassasier is volgens inlgting op die toneel dood verklaar.
Nooddienspersoneel is tans op die toneel.
Die ongelukstoneel.
Nooddienste op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'