Die bosluisvoëls se voeding bestaan uit sprinkane, wurms, erdwurms en ander insekte, spinnekoppe, skerpioene, paddas, akkedisse, klein voëltjies in neste, selfs bosluise. Tot 83% van die dieet kan egter uit vis bestaan. Die habitat rondom die nabygeleë streeksrioolaanleg en Hartenbosriviermonding, waarin 17 visspesies voorkom, is dus 'n ideale teelplek vir die voëls wat in die Wes-Kaap 'n bedreigde spesie is en deur wetgewing beskerm en gereguleer word.