MOSSELBAAI NUUS - Shades of Pink is vanjaar se tema vir die jaarlikse Kansa-borskankerstap wat op Woensdag, 11 Oktober by Langeberg Mall aangebied word om 18:00.
Die tema bied vanjaar die geleentheid aan een en elk om werklik te wys watter skakerings van pienk hul oortuiging weerspieël.
"Ons begin eers om 18:00 hoewel ons reeds vanaf 17:00 beskikbaar sal wees vir inskrywings.
"Die aanvangstyd maak dit moontlik vir alle deelnemers om eers hul werksdag af te sluit en daarna rustig hul tekkies aan te trek en saam te stap", sê Lucinda Viljoen, gemeenskapsmobiliseerder: fondswerwing vir Kansa George.
Voorafinskrywings kan reeds gedoen word. Kontak Lucinda (082 663 3529) of stuur e-pos na lucinda@cansa.org.za.
Almal kan deelneem en dit is die ideale geleentheid vir besighede en organisasies om hul ondersteuning te wys en bietjie span te bou. Die sowat 5km-roete is maklik en toeganklik vir alle deelnemers.
Die sirkelroete word twee keer gestap om die Langeberg Mall.
Kostes beloop R40 per volwassene en R15 vir kinders onder 12 jaar.
Enige organisasies of besighede wat graag van hierdie geleentheid gebruik wil maak vir bemarkingsdoeleindes, kan Lucinda Viljoen kontak.
Daar sal allerhande skakerings van pienk te siene wees by vanjaar se Kansa-borskankerstap.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'