MOSSELBAAI NUUS - Bernelee Botha van Friemersheim is in haar laerskooljare met kanker, 'n lewensbedreigende siekte gediagnoseer.
Onlangs is sy weer in die Mosselbaai provinsiale hospitaal opgeneem vir behandeling.
Hoewel sy aanvanklik in remissie was, blyk dit dat die siekte verder versprei het en ook haar pankreas en nier aangetas het.
Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal en die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, het Bernalee besoek en het sedertdien die verkryging van broodnodige fondse vir haar mediese sorg gefasiliteer en staan haar ouers, Shahida and Bennet, by.
Haar siekte bring noodwendig mee dat Bernelee, of Bernie soos sy alombekend is, bedgebonde is en tot sekere kosse beperk word.
Dit bring noodwendig ekstra uitgawes mee, ook omdat sy van tuisonderrig afhanklik is.
Mosselbaai se munisipale bestuurder, Adv Thys Giliomee, en Bernelee Botha.
Een van die borge wat sedertdien 'n ruim bydrae gemaak het tot die herstelproses van hierdie dapper jong dame, is die Garden Route Casino Community Trust, wat op die burgemeester se versoek om bystand reageer het.
Enige ander borge wat 'n bydrae kan maak, kan met die burgemeester se kantoor (044 606 5000) skakel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'