MOSSELBAAI NUUS - Elvin Booysen is een van die eerste ontvangers van 'n sogenaamde raised garden op Herbertsdale.
Hierdie tuine is gebou as deel van 'n samewerkingsooreenkoms tussen die Mosselbaai-munisipaliteit, die departement van landbou en korrektiewe dienste.
Die tuine bestaan uit beddings wat op 'n hoogte gebou is sodat persone wat rolstoelgebonde is of senior burgers wat minder beweeglik is, daarin kan plant en byvoorbeeld groente kan verbou.
Elvin is baie spoggerig dat hy reeds uit sy tuin kon oes en die nuwe groei lyk weer net so belowend. Soortgelyke tuine is ook in Wolwedans, Groot-Brakrivier gebou.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'