MOSSELBAAI NUUS - Tydens 'n verkiesing verlede week, is raadslid Niklaas Booisen onbestrede verkies as voorsitter van die DA-koukus.
Die rol van die koukus sluit onder andere in om die belange van bepaalde politieke party verteenwoordig in die munisipale raad, te beplan en te koördineer.
Koukuslede moet toegerus wees met die nodige inligting en kennis sodat hulle 'n waardevolle bydrae in besluitneming kan lewer wat in die beste belang van die bepaalde party en die publiek sal wees.
Tydens koukusvergaderings, moet daar 'n deeglike bespreking van relevante sake wat bedryfsbesluite beïnvloed, geskied.
Volgens Jaco Londt, streeksvoorsitter van die DA, is Mosselbaai een van die toonaangewende munisipaliteite in die land wat gekenmerk word aan interne dissipline en samewerking onder die DA-span.
"Die verkiesing van Niklaas Booisen as voorsitter en Marulyn Kannemeyer as ondervoorsitter, is in lyn met die goedgekeurde reëls wat die interne verhoudinge en dissipline van die koukus reguleer," het Londt by navraag oor die verkiesing aan die Mossel Bay Advertiser gesê.
Hy het hulle alle sterkte toegewens in die nuwe rolle. "Ek glo dat tesame met die verkose munisipale leierskap onder leiding van raadshere Levendal en Kotzé, sal Mosselbaai aanhou om voorbeeld te stel vir ander munisipaliteite plaaslik en elders in die land."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'