MOSSELBAAI NUUS - Bonny-Lyle Young, 'n graad 11-leerder van Hoërskool Punt, het gedurende die Covid 19-inperking blokkies gebrei om komberse te maak vir die ACVV Seebries-tehuise vir bejaardes.
Sy het op 8 Oktober sewe komberse wat sy self gemaak het, oorhandig aan die bestuurder van die tehuise in Montagustraat, Amanda Prinsloo.
Bonny-Lyle Young met die komberse.
Bonny-Lyle Young en Amanda Prinsloo.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'