MOSSELBAAI NUUS - Vyftig inheemse bome is as lewende momument vir vroulike slagoffers van geslagsgebasseerde geweld op Mosselbaai geplant.
'n Groep vroue, wat self ook slagoffers van geweld was, het gehelp om die bome, wat vrugtebome insluit by 'n sportterrein in Highway Park te plant.
Die inisiatief het die lig gesien nadat die burgerregteorganisasie Kaapse Forum hande geneem het met Green For Life, 'n Mosselbaai gemeenskapsopkombuis en die Mosselbaai-munisipaliteit.
Die doel van die geleentheid op 8 November was om meer bewusmaking oor geweld teen vroue te skep.
Jan Odendaal van Green For Life het 'n groot rol gespeel om die skenking van bome te reël. Volgehoue onderhandelinge tussen Jan en William Sam van die Mossel Bay Community Soup Drive, het die deurslag gegee om al die rolspelers aan boord te kry.
Die bome sal onderhou word deur Margo Cleaning Services, 'n plaaslike skoomaakdienste maatskappy.
Die gemeenskap in die omliggende area van die netbalbaan waar die bome geplant is, is versoek om 'n ogie te hou sodat die bome nie verniel of gevandaliseer word nie. Verskeie sprekers het besoekers by die geleentheid toegespreek en almal was dit eens dat die projek uniek is, veral omdat die doel daarvan simbolies is.
Mosselbaai burgemeester Dirk Kotze kyk toe terwyl een van die bome geplant word. Foto's: Dexter Brinkhuis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’