MOSSELBAAI NUUS - Twee besighede op Mosselbaai het op Vrydag, 6 Julie vals bomdreigemente ontvang.
In die eerste voorval het 'n werknemer van 'n winkel wat teëls verkoop in Voorbaai Vrydagoggend die dreigement per e-pos ontvang. Polisiewoordvoerder kaptein Malcolm Pojie sê nóg 'n bomdreigement is volgens dieselfde modus operandi aan 'n verfwinkel by De Bakke Vrydagaand voor middernag gestuur. Hy sê die verdagte het in beide e-posse gedreig om die sogenaamde bomme te laat afgaan.
Die pad tussen De Bakke en Diasstrand is Vrydagaand vir 'n geruime tyd gesluit terwyl die polisie se plofstofeenheid die toneel gefynkam het.
Pojie sê die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n saak van die maak van 'n vals bomdreigement.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'