MOSSELBAAI NUUS - Vreugdevure het Saterdagaand hoog gebrand ná die Springbokke die All Black met 12-11 geklop het om vir 'n tweede keer agtereenvolgens die Wêreldbeker te verower.
Die Bokke het 2019 se oorwinning in Japan teen Engeland die afgelope Saterdagaand opgevolg met dié naelskraapse sege teen die Kiwi's in Frankryk.
Dit was die Bokke se vierde oorwinning ná hulle ook in 1995 en 2007 die kroon gedra het.
Daar is egter behoorlik opgewarm vóór die wedstryd met Mosselbaaiers, wat behoorlik bokkoors gehad het. Met die Groen en Goud oral te sien, was dit nie net Mosselbaaiers nie, maar die hele land het agter die Bokke gestaan.
Personeel van Da Gamaskop-polisie hier in 'n opgewonde luim met genoeg kolwyntjies vir die hele Da Gamaskop-span.
Landsvlae het oral in Mosselbaai gewapper voor en ná die wedstryd. Foto: Mandie Black
Tersia Marais het hierdie foto geneem by die 2023 Buffalo Rally van 'n gesin wat almal die Groen en Goud ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’