MOSSELBAAI NUUS - 'n Agtienjarige meisie van Umtataweg in KwaNonqaba is dood nadat sy besluit het om haar eie lewe te neem om van die boelies wat haar lewe vergal het, te ontsnap.
Volgens inligting ontvang van die KwaNonqaba-polisie, het die meisie se ma Woensdag tuisgekom en haar kind dood aangetref.
Die meisie het 'n briefie agtergelaat.
Sy was skynbaar die slagoffer van mense wat haar geteister het en sy kon die omstandighede net nie langer hanteer nie.
Die meisie se ma het die KwaNonqaba-polisie ontbied, wat 'n dossier vir 'n geregtelike doodsondersoek geopen het.
Enige persoon met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, sersant Geoffery Moos (044 606 5600) te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'