MOSSELBAAI NUUS - Met Hoërskool Punt se HYPI-liefdadigheidsklub se Boekies vir Koekies-projek, skenk leerders boeke of tydskrifte aan die projek en ontvang 'n kolwyntjie vir elke 10 boeke of tydskrifte wat hulle bring.
Verlede kwartaal se boeke en tydskrifte wat deur middel van die projek ingesamel is, is aan die Môreson-kinderhuis en die Haven-nagskuiling geskenk.
Leerders wat boeke of tydskrifte wil skenk kan dit in die krat voor me Van Staden se kantoor plaas en word versoek om hul naam by te sit sodat die projekleiers weet wie 'n kolwyntjie moet kry.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'